FLAT RATE SHIPPING FEE OF R69 TO ANYWHERE IN SOUTH AFRICA

Identity

Hello lovelies,

Hierdie week is 'n Afrikaanse blog post van Elizabeth.  Al hoe ek haar kan beskryf is 'n "lioness". Sy staan op vir haar familie, geloof en beginsels. Ek hoop julle geniet hierdie so baie soos ek dit geniet het, ek weet dit het baie met my gepraat.

xxxxx

Hi julle

Wat n voorreg is dit nie om deel te wees van Roeline se blog vir mammas.....

Ek stel myself graag bekend: Ek is Elizabeth Coetzee(41)vrou vir Sean en mamma vir Sean”ie”(21) en Milan(16) en n passie vir vrouens  omdat ek 1ste hands beleef het hoe moeilik die lewe kan druk in al ons verskillende rolle.

Toe ek op 20 getrou het(outydse MOES trou want ek was 5 maande swanger)het ek nie n benul gehad wat wag vir my nie. Jonk en naief,droom verlore en boonop n student ook.

Ek het deur so baie hartseer gegaan soos meeste nuwe mammas...die battle van 'n pappa wat ek voel nie help nie, selfbejammering,swak selfbeeld en wie weet wat nog als. As ek nou terug kyk na daardie tyd in my lewe en hoe ver ek deur die jare gekom het(dis n getuienis en storie vir n ander tyd)is daar een ding wat uitstaan soos 'n paal bo water wat ek wens iemand vir my gesê het......

En dit is: VIND WIE JY IS IN HOM,KRY JOU KRAG EN JOU IDENTITEIT BY GOD EN DIE RES VAL ALS IN PLEK.

Het julle al ooit beleef hoe dit voel...asof jou wereld in “duie” stort wanneer jou man nie na elke liewe kleine aspek van jou omsien. Ek praat van die need in ons hart van hul om vir ons elke sekonde van die dag te uplift,te sê hoe oulik ons is, hoe goeie vrou en ma ons is....en laat hy nou net nie die dag dit noem wanneer ONS dit soek...dan is die “hel” los..... Ken jul daai gevoel??? Dalk was dit net ek? Dis asof ek my identiteit by Sean gesoek het....en hoe verkeerd is dit nie. Want hy is ook net n vaalbare mens net soos ek met sy eie issues. Wanneer ek nie mooi gevoel het nie(omdat my eie sig oor myself distorted was) het ek vir hom die skuld gegee en dit eventually op my kids uitgehaal.

Hoekom het niemand TOE al vir my gese dat net ons Jesus is volmaak en dat NET HY die ability het om ons te uplift en ons sig te restore? Ek het so gehammer op wat Sean verkeerd doen dat ek stuck gebly het in n maalkolk van oor en oor dieselfde issues en hartseer. Tot Hy my kom wys het: verander wat jy self kan en laat ek die res doen...

Daarom kan ek nou met julle share...dat ek weet hoe maklik dit is om op jou man se foute en tekorkominge te focus en te wag tot hy verander want jy dink dit gaan jou eie issues oplos. Ja vir sekere issues is dit ook seker in n mate die waarheid MAAR daar is altyd ietsie in onsself wat ons aan kan werk....om onsself te empower. We are powerful human beings and its time you realize your own potential!!!!!

Wanneer jy jou eie potential ontwikkel en besef is daar geen keer. Jy kan jou kids beter hanteer, jy het meer wysheid, jy kan die bordjies verhang,,,,,,en jou man weer gaande maak oor jou.....

Baie vrouens vra my maar ja waar begin ek? Begin by die begin...by God.

1.Hy het jou so ongelooflik lief, Hy het jou gemaak, Hy ken jou hart. Spandeer meer tyd by Hom.

Speel bv jou gunsteling gospel liedjie meer gereeld, plak jou favourite bybelvers erens waar jy dit kan sien, praat met Hom nie net in stilte tyd nie...maar enige tyd van die dag. Probeer Hom meer in klein goed raak sien.

2. Begin moeite doen met jouself...as jy wil mooi voel..maak jouself mooi. Ek gee nie om of jy nou se jy is 20kg oorgewig nie. Waar of wie het gese jy mag net mooi lyk en voel as jy sekere getal op die skaal sien?? Koop vir jou daai mooi rooi lipstiek wat jy nog altyd wou probeer, maak jou haartjies mooi,,en girlfriend plak daai mascara aan soos verf. Want dit vat jare van jou af.....

3. Oefen/me time/selfcare wat jy dit ookal wil noem. Ek gee nie om wat enige iemand se nie...gewoonlik is die eerste verskoning geen tyd. Ek stem dat van ons het meer om te doen as n ander...maar dis nie n verskoning nie. Een persoon kan dalk n uur oefen,,n ander net 30min. Maar mens kan tyd maak. Om jou kids as verskoning te gebruik is so onregverdig teenoor hulle. Hulle EN jou man sal meer baat vind by n vrou/n mamma wat goed voel oor haarself..sodat sy die beste persoon/vrou en mamma kan wees. Ons se vir TE veel dinge ja,,en te min ja vir onsself.

Selfcare is nie n bederf of vergunning nie...dis n necessity!!!

4. En maak tyd vir n self-oudit. Kyk na binne. Ons elkeen het altyd iets waaraan ons kan werk. Iets wat ons kan verander(nie om ander te please nie) maar om Hom te eer. Renew jou mind met God’s truth. Dit hou meer positiwiteit in as wat jy besef.

Ek kan nog soveel meer opnoem…maar ek los jul met dit. Voel Sy liefde en glorie…vir JOU. Jy as vrou is sterker as wat jy dink, mooier as wat jy besef! Chin up poppie…you’ve got this!!!

 

Tonne seen vir elkeen.

Liefde

Elizabeth